close
Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 28 Julie 2026
Hier is tans 129 910 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Image

Image
Voorbladartikel
Kenteken van die Kampioenetrofee 2025.

Die Kampioenetrofee 2025 is van 19 Februarie tot 9 Maart 2025 in Pakistan en, vanweë Indië se boikot van Pakistan, die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die negende Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste vir albei gashere. Die medegasheer Pakistan was ook die verdedigende kampioen, nadat hulle die vorige Kampioenetrofee 2017 gewen het. Die Kampioenetrofee 2025 het agt jaar ná die vorige toernooi plaasgevind, die langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie in dié tyd. Die oorspronklik beplande 2021-toernooi is met die T20I-wêreldbeker 2021 vervang. Dit was ná die T20I-wêreldbeker 2021, wat saam met Oman aangebied is, en die T20I-vrouewêreldbeker 2024 die derde vername kriekettoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate.

Die toernooi se formaat van 2009, 2013 en 2017 het onveranderd gebly en die gasheer Pakistan het saam met die sewe beste nasionale spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 aan die Kampioenetrofee 2025 deelgeneem: Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Tydens die Kampioenetrofee 2025 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Australië geklop en Nieu-Seeland vir Suid-Afrika, waardeur Indië en Nieu-Seeland mekaar in die eindstryd herontmoet het. In die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai het Indië Nieu-Seeland met vier paaltjies verslaan en sodoende sy derde Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2011, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007 en 2024, asook die Kampioenetrofeë in 2002 (gedeel met Sri Lanka) en 2017 was dit Indië se sewende internasionale kriekettitel. Die medegasheer en verdedigende kampioen Pakistan is reeds in die groepfase uitgeskakel. Doebai het ná die T20I-wêreldbeker 2021- en die T20I-vrouewêreldbeker 2024-eindstryd die derde eindstryd van ’n vername IKR-toernooi gehuisves, waarmee dit die eerste stad in ’n assosiaatlid van die IKR geword het wat drie vername krieketeindstryde gehuisves het.

...lees verder

Image

Image
In die nuus
Gdynia se modernistiese stadsentrum
Gdynia se modernistiese stadsentrum
Tasjkent se modernistiese argitektuur
Tasjkent se modernistiese argitektuur

Image

Image
Het u geweet...

... dat die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is?

... dat 'n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as 'n sport in Suid-Afrika.

... dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan 'n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.

... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag.

... dat die eendbekdier die enigste giftige soogdier is? Die mannetjies het 'n giftige haak op die agterkant van hulle voete.

Image

Image
Vandag in die geskiedenis

28 Julie: Feesdag van Pous Victor I in die Rooms-Katolieke Kerk; Onafhanklikheidsdag in Peru (1821).

Maximilien Robespierre
Maximilien Robespierre

Image

Image
Voorbladbeeld
Die Ruimtependeltuig Atlantis land op 21 Julie 2011 by die Lanserings- en Landingsfasiliteit ná die voltooiing van STS-135, die laaste pendeltuigmissie.
Image
Vind artikels
Image

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Image
Wikipedia in ander tale
Image
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Image
Susterprojekte
Image
Image Commons
Vrye media
Image Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Image Wikinews
Vrye nuusbron
Image Wikisource
Die vrye biblioteek
Image Wikibooks
Vrye boeke
Image Wikiquote
Aanhalings
Image Wikispecies
Spesie-indeks
Image Meta-Wiki
Projekkoördinering